top of page

MAROELABOOMSTORIES

LAPA PUBLISHERS (PTY) LTD 2005

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunstelingslaapboom. Dit duur 'n rukkie voor almal tot ruste kom, maar uiteindelik het selfs tant Skurwestert die regte mik vir haar moeë lyf. Dit is doodstil. Die bobbejane wag vir die aandster se koms. Wie gaan die ster vanaand eerste sien? "Daar is hy!" roep een van die jonges. Skaars het die ster verskyn of 'n stemmetjie pleit: "Vertel vir ons 'n storie, asseblief!" "Ja 'n storie!" weerklink dit van tat tot tak. Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

bottom of page