top of page

DROOMOOG DIEPGRAWER

LAPA PUBLISHERS (PTY) LTD 2003

Lank-lank gelede was die Diepgrawers 'n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word -- hulle moet veld-uit! Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue

                   -Landbouweekblad, 17 Okt. 2003

bottom of page